Zintle was ‘ n klein, tingerige 8 jarige dogtertjie toe sy in 2008 by Huis Andrew Murray KJSS opgeneem is. Verskrik en verlore het sy haar nuwe mamma , nuwe huis en nuwe broers en susters ontmoet en leer ken. Dit het egter nie lank geneem vir hierdie skrikkerige dogter om te begin ontpop nie. Sy was net iets anders.
Sy het toneel gespeel vinnige draai in ‘’ Alles Malan” se eerste reeks gemaak en haar drome geleef. Sy was ‘n leerder van die plaaslike hoërskool en slegs in haar graad 11 jaar het van haar opvoeders uitgevind dat sy ‘n inwoner van die KJSS is. Sy was deel van skoolkoor wat na Namibie getoer het, deelgeneem het aan koor kompetisies en sy was ‘n gereelde gesig in die skool revue groepe. Zintle het na graad 12 haar ander droom gejaag en as “Air hostess” gekwalifiseer. Sy woon tans by vakansie vriende wat aan haar toegewys is in die KJSS waar sy leerling Apteker’s assistent werksaam is. Zintle beplan om in April 2023 in te skryf vir die Mej Suid-Afrika kompetisie.
Op ‘n vraag oor wat HAM in haar lewe vir haar beteken antwoord sy: ” Huis Andrew Murray was en is die lig van my lewe. Sonder hulle sou ek nie kon bereik wat ek bereik het nie. Ek sou nie my wonderlike familie wat ek nou het ontmoet het nie. Die Kinderhuis het my waardes geleer wat ek nogsteeds elke dag uitleef en daarvoor sê ek “Baie dankie”.
